Hemel en Aarde

Hierdie more het uiteindelik aangebreek
Dis ‘n wonder net om jou hier te sien
‘n Geskenk gegee vir my uit die hand van ons Vader
Dit is als net genade en dit alles vir my

Hierdie wonderskone dag begin jy jou lewe
En is al my gebede net aan jou toe gewei

Ek wil die hemel en aarde en my hart vir jou gee
Ek wil jou veilig bewaar hier in my arms
Met elke tree wat jy gaan gee sal ek hier naby jou wees
Die hemel en aarde dit wil ek vir jou gee
Ja die hemel en aarde dit wil ek vir jou gee

Deur die jare sal daar seker soms trane ook wees
My gebede sal jou dra as jy vrees
En al is jou hart soms seer kan jy op my staat maak
En in alles wat saak maak sal ek altyd daar wees

Ek wil die hemel en aarde en my hart vir jou gee
Ek wil jou veilig bewaar hier in my arms
Met elke tree wat jy gaan gee sal ek hier naby jou wees
Die hemel en aarde dit wil ek vir jou gee

Met elke tree wat jy gaan gee sal ek hier naby jou wees
Die hemel en aarde dit wil ek vir jou gee
Ja die hemel en aarde dit wil ek vir jou gee
Die hemel en aarde en my hart wil ek net vir jou gee

Trivia about the song Hemel en Aarde by Manie Jackson

When was the song “Hemel en Aarde” released by Manie Jackson?
The song Hemel en Aarde was released in 2014, on the album “Onthou My”.

Most popular songs of Manie Jackson

Other artists of Schlager music