Sien Jou Weer

Waarom hartseer in jou oë?
Waarom heimwee in jou hart?
Die verlange wat daar voorlê
Bring ook liefde nie net smart

Dis totsiens en nie vaarwel nie
Maak die afskeid minder seer
As ons groet gee my ‘n glimlag
Ek sê net sien jou weer

Sien jou weer
Laat dit goedgaan
My hart is joune
Jou liefde sal myne bly

Sien jou weer
Maak ons groet ‘n belofte
Al kom verlange
Sien ek jou weer

Daar was soveel goue drome
Ons kan aanhou daaraan bou
Dink aan bymekaar wees ure
Neem die mooiste saam met jou

Dis totsiens en nie vaarwel nie
Winter's wolke kom en keer
Tot ons nuwe lente aanbreek
Groet ons sien jou weer

Sien jou weer
Laat dit goedgaan
My hart is joune
Jou liefde sal myne bly

Sien jou weer
Maak ons groet ‘n belofte
Al kom verlange
Sien ek jou weer

Sien jou weer
Laat dit goedgaan
My hart is joune
Jou liefde sal myne bly

Sien jou weer
Maak ons groet ‘n belofte
Al kom verlange
Sien ek jou weer

Trivia about the song Sien Jou Weer by Manie Jackson

When was the song “Sien Jou Weer” released by Manie Jackson?
The song Sien Jou Weer was released in 2014, on the album “Onthou My”.

Most popular songs of Manie Jackson

Other artists of Schlager music