Anderkant Atlantis

Ek wonder partykeer waar die lewe se padjies heen gaan?
En ek en Jack Daniels is vriende omdat hy my verstaan
Soms mis ek die lag in my vriende van kleintyd se oë
Daai dae
Het ons almal in Atlantis geglo

Atlantis roep my vanaand
Die see slaap so rustig onder die maan
Atlantis roep my en ek hoop
Anderkant Atlantis vat ek jou spoor

In die vroegoggend traffic
Hoor ek hoe roep Mammon my naam
Ek’s ‘n kind van die rat race spesiaal vir hom grootgemaak
Dan hoor ek jong stemme wat lag langs ‘n mooi rivier
Ons het dieper geduik en gehoop om Atlantis te sien

Atlantis roep my vanaand
Die see slaap so rustig onder die maan
Atlantis roep my en ek hoop
Anderkant Atlantis vat ek jou spoor

Maar die lewe se paaie en die uurglas se draaie loop ver
En dis aande soos die wat ek wens dat ek als oor kan hê
Die bravado van kind wees se perke lê diep en wyd
Ja dit was net gedemper die hande van ou vadertyd

Atlantis roep my vanaand
Oh die see slaap so rustig onder die maan
Atlantis roep my en ek hoop
Anderkant Atlantis vat ek jou spoor
Anderkant Atlantis lê ek jou voor

Most popular songs of Neil Somers

Other artists of Folk rock