Bien se bos

Sit by ‘n troue so kwart-oor vier
Die hele spul is vandag
Weer hier
Bymekaar

Jy lyk soos ‘n engel met jou trourok aan
Die man aan jou sy lyk
Self voldaan
So self voldaan

Maar ek onthou daai oopmond soen
Onder die skool se paviljoen
Was ons altwee se eerste keer
Oh baby
Ons het so gou geleer

Eerste liefde gaan verby
Dis net stories wat nog bly
Bly bestaan

Van toe ons dae soos drome was
Pak jou memories in ‘n tas
En dan kom jy saam
Dan kom jy saam

Ek onthou daai kaalvoet loop
Piekniekgoed
In jou kussingsloop
In jou kussingsloop

Ons het Tas gedrink in Bien se bos
As jou pa moes weet
Was die duiwel los
Was die duiwel los

Maar hier op die trappies van die kerk se stoep
Sit ek en wag om gister te groet
Ek weet vandag behoort aan jou
Al wat ek vra
Is dat jy onthou

Eerste liefde gaan verby
Dit is net stories wat nog bly
Bly bestaan

Van toe ons dae soos drome was
Pak jou memories in ‘n tas
En dan kom jy saam
Dan kom jy saam

Eerste liefde gaan verby
Dit is net stories wat nog bly
Bly bestaan

Van toe ons dae soos drome was
Pak jou memories in ‘n tas
En dan kom jy saam
Dan kom jy saam
Kom saam

Most popular songs of Neil Somers

Other artists of Folk rock