Bloedgrond

Ons het vir jou
‘n Witkruis geplant
Tussen duisende ander
Teen ‘n kliprant se wal

Jy is vooruit
Om die Koning te gaan vra
Vir vergifnis vir ons mense
Dat ons die rug gedraai het
Op die waarheid

Op hierdie grond
Is ‘n belofte gemaak
Diepwaters gevloei
Het ons voorvaders gebloei op hierdie grond

Het ons hart en siel baklei
Om ons vryheid te verkry en hierdie grond
Hierdie is bloedgrond

Met bloed en sweet
Is die prys klaar betaal
Dis ons mense se verhaal maar dis nie al nie

Dis in ons bloed
Om die donker te oorwin
Die verlede die begin is ons bewyse
Dis in ons huise

Op hierdie grond
Is ‘n belofte gemaak
Diepwaters gevloei
Het ons voorvaders gebloei op hierdie grond

Het ons hart en siel baklei
Om ons vryheid te verkry en hierdie grond
Hierdie is bloedgrond

Jy kan ons nie breek nie
Of selfs laat vergeet nie
Ons tone geset in rots

Ons kies om te bou
Onsself te behou
Want dis al wat ons het

Op hierdie grond
Is ‘n belofte gemaak
Diepwaters gevloei
Het ons voorvaders gebloei op hierdie grond

Het ons hart en siel baklei
Om ons vryheid te verkry en hierdie grond
Hierdie is bloedgrond
Hierdie is bloedgrond
Hierdie is bloedgrond
Hierdie is bloedgrond

Op hierdie grond
Het ons hart en siel baklei
Om ons vryheid te verkry en hierdie grond
Hierdie is bloedgrond

Most popular songs of Neil Somers

Other artists of Folk rock