Eendag Op 'N Reëndag
Ons was soos vinkel en koljander
Die een so mal soos die ander
Ons het nie besef ons was verlief nie
Ons het grootgeword in dieselfde straat
Elkedag gekuier deur die oogiesdraad
Sy was die mooiste ding wat ek ooit gesien het
Maar sy’t die Platteland gelos vir die stadslawaai
Elke dag gehoop die wind sal haar weer terugwaai
Dit was ‘n sad goodbye toe jy vir my waai
En ek besef ek gaan jou dalk nooit weer sien nie
Maar soos alle goeie dinge sal ek vir jou wag
En ek sien jou dalk weer eendag

Eendag op ‘n reëndag
Ek wonder tot vandag wat het van jou geword
Die verlange bly so lank al was ons tydjie kort
Ek weet jy’s steeds so mooi soos wat jy altyd was
Elke vrou wat ek sien verbeel ek my
Is die een in my hart want almal lyk soos jy
Elke keer moet ek my hart kalmeer (Elke keer moet ek my hart kalmeer)
Ek sal die Platteland los vir die stadslawaai
As dit beteken die wind sal my na jou toe waai
Dit was ‘n sad goodbye toe jy vir my waai
En ek besef ek gaan jou dalk nooit weer sien nie
Maar soos alle goeie dinge sal ek vir jou wag
En ek sien jou dalk weer eendag
Dit was ‘n sad goodbye toe jy vir my waai
En ek besef ek gaan jou dalk nooit weer sien nie
Maar soos alle goeie dinge sal ek vir jou wag
En ek sien jou dalk weer eendag
Eendag op ‘n reëndag
Tasse gepak was ek sterk oppad met my hart as kompas
Toe ek die deur oopmaak toe staan jy daar asof dit ‘n fliek was (Dit ‘n fliek was)