Skipper

Ek draai my oë na die hemel daarbo
Die sweepslag van die branders ‘n engelekoor
Skipper skipper stuur my boot na ‘n gouestrand
Vrede sal in ons harte brand

Groenoog engel van die seë
Sleep my gedagtes mee
Stadig as die groenkombers die klanke uitvee
Verdof ons happy wees met kindertyd skree

Skipper sê my weer
Wie’s die sterkste in die seë?
Skipper sê my weer
Het die oseaan ‘n magic fee?

Skipper sê my weer
Wie’s die sterkste in die seë?
Skipper sê my weer
Het die oseaan ‘n magic fee?

Donder donder as die wolke neerkom
Kyk na bo wonder sal hy weer kom?
Blouer as blou is die oog van die gevaar
Die donder sal nimmer weer bedaar

Meermin vat my oumanhand
Lê my kop neer op die gouestrand
Gee my lewe gee my asem
Die boot daarbo is net ‘n dowwe wasem

Skipper sê my weer
Wie’s die sterkste in die seë?
Skipper sê my weer
Het die oseaan ‘n magic fee?

Skipper sê my weer
Wie’s die sterkste in die seë?
Skipper sê my weer
Het die oseaan ‘n magic fee?
Wo hoo wo
‘n Magic fee

Skipper sê my weer
Wie’s die sterkste in die seë
Skipper sê my weer
Het die oseaan ‘n magic fee?

Most popular songs of Neil Somers

Other artists of Folk rock