Somergirl

Die oggend ruik na braaivleisas
My hele lyf bedel vir ‘n Bioplus en ek soek jou oral
In ‘n leë bed

Die kole’s nog warm van gisteraand se vuur
Op die flat se vloer staan ‘n halve bier
Is hierdie tragic moment al wat ons twee oor het?

Silwerstrande somergirl
Ek sal wag hier as jy wil
Maar elf volle maande is ‘n lang lang tyd
En jou beloftes te min vir my

Silwerstrande somergirl
Alleen wees is ‘n bitterpil
En ‘n one-night-stand is ‘n lelike ding
Veral as hy liefde saam met hom bring

Vat my kitaar gaan sit op die strand
Ek en my hoofpyn hand aan hand
En soek na woorde
Wat sal pas by jou

Maar die wind waai my snare dood
En scatter leë note oor die see so groot
Is dit rerig hoe ek jou wil onthou?

Silwerstrande somergirl
Ek sal wag hier as jy wil
Maar elf volle maande is ‘n lang lang tyd
En jou beloftes te min vir my

Silwerstrande somergirl
Alleen wees is ‘n bitterpil
En ‘n one-night-stand is ‘n lelike ding
Veral as hy liefde saam met hom bring

Net geloop als gelos
Sal ons ooit weet wat dit ons gaan kos?
En verlange klem my vas
Tussen my vier mure

Silwerstrande somergirl
Ek sal wag hier as jy wil
Maar elf volle maande is ‘n lang lang tyd
En jou beloftes te min vir my

Silwerstrande somergirl
Alleen wees is ‘n bitterpil
En ‘n one night stand is ‘n lelike ding
Vir al as 'n liefde saam met hom bring
Saam met hom bring
Saam met hom bring

Most popular songs of Neil Somers

Other artists of Folk rock