Verlore seisoen

‘n Lister dreun in die maanlig
Soos ‘n stem uit die ou Karoo
En liewe Jesus kyk vir ons
Al vergeet ons om in Hom te glo

Ons is hier vir die begrafnis van Frikkie Verwey
Ons goeie getroue ou maat
Hy’t sy einde gesien met motorbike ry
Tussen Britstown en De Aar

En ons drink vodka en Jannie verjaar
In ‘n plaashuis buite De Aar
Die honde huil in die verte
En ons lewe vir al wat dit werd is

Ja ons drink vodka en Jannie verjaar
En ek wens my vriend was nog daar
Almal praat oor die dinge wat ons nog wou doen
Maar dis ‘n droom van ‘n verlore seisoen

Ons lag en ons huil om die vure
Die donker hang dik om die werf
Die Lister dreun sy laaste gesang
So rustig vers vir vers

More in die kerkhof teen die bult
Gaan ons ons vriend neerlê
Maar vanaand kuier ons asof die wêreld vergaan
Want ons weet dis hoe hy dit wou hê

En ons drink vodka en Jannie verjaar
In ‘n plaashuis buite De Aar
Die honde huil in die verte
En ons lewe vir al wat dit werd is

Ja ons drink vodka en Jannie verjaar
En ek wens my vriend was nog daar
Almal praat oor die dinge wat ons nog wou doen
Maar dis ‘n droom van ‘n verlore seisoen

Ja ons drink vodka en Jannie verjaar
In ‘n plaashuis buite De Aar
Die honde huil in die verte
En ons lewe vir al wat dit werd is

Ja ons drink vodka en Jannie verjaar
En ek wens my vriend was nog daar
Almal praat oor die dinge wat ons nog wou doen
Maar dis ‘n droom van ‘n verlore seisoen

Almal praat oor die dinge wat ons nog wou doen
Maar dis ‘n droom van ‘n verlore seisoen

Most popular songs of Neil Somers

Other artists of Folk rock