Bietjie

Saam te same stap ons oor die strande
Saam te same onder deur die maan
Fluister van die liefde in my ore
Woorde wat net ons twee kan verstaan

Net ‘n bietjie van my ‘n bietjie van jou
‘n Bietjie van ons twee om aan vas te hou
‘n Bietjie van jou ‘n bietjie van my
‘n Bietjie van ons twee maak die hart weer bly

Vertel my van die stories in jou drome
Vertel my van die paaie na jou hart
Wys my al die hartseer in jou oë
En leer my hoe om dit weer reg te maak

Net ‘n bietjie van my ‘n bietjie van jou
‘n Bietjie van ons twee om aan vas te hou
‘n Bietjie van jou ‘n bietjie van my
‘n Bietjie van ons twee maak die hart weer bly

Oe leer my al die woorde wat jou raak
Oe vertel vir my 'n ander maak nie saak
Oe neem my na die wêreld diep in jou
En sê my jy’s die een wat ek vir ewig vas kan hou

Saam te same ons twee deur die lewe
Saam te same op die noue pad
Vier spore vir altyd en vir ewig
En twee spore vir waar ek jou moes dra
Twee spore vir waar ek jou moes dra

Net ‘n bietjie van my ‘n bietjie van jou
‘n Bietjie van ons twee om aan vas te hou
‘n Bietjie van jou ‘n bietjie van my
‘n Bietjie van ons twee maak die hart weer bly

Bietjie van my ‘n bietjie van jou

Bietjie van ons twee maak die hart weer bly

Most popular songs of Pieter Smith

Other artists of Middle of the Road (MOR)