7 Dae 7 nagte

Alles het sy tyd en plek
En elke ding sy naam
Tog wil ons die swaarkry soms
Ver vooruit gaan haal

En niemand weet wat die toekoms bring
En wat more vir ons hou
Hierdie lewe is vir ons gegee
Kom ons leef hom nou

Sewe dae sewe nagte sewe wonders en nog meer
Dis vir ons en dis vir altyd
Ons moet gee wat ons kan gee

Sewe dae sewe nagte sewe wonders en nog meer
Dis geskenke uit die hemel
Waaruit ons elke dag kan leer

Alles is van korteduur
En alles gaan verby
Waaroom laat ons ons dan toe
Dat ongeluk ons ry?

Iemand weet wat die toekoms bring
En wat more vir ons hou
Hierdie lewe is vir ons gegee
Kom ons leef hom nou

Sewe dae sewe nagte sewe wonders en nog meer
Dis vir ons en dis vir altyd
Ons moet gee wat ons kan gee

Sewe dae sewe nagte sewe wonders en nog meer
Dis geskenke uit die hemel
Waaruit ons elke dag kan leer

Sewe dae sewe nagte sewe wonders en nog meer
Dis vir ons en dis vir altyd
Ons moet gee wat ons kan gee

Sewe dae sewe nagte sewe wonders en nog meer
Dis geskenke uit die hemel
Waaruit ons elke dag kan leer

Dis geskenke uit die hemel
Waaruit ons elke dag kan leer
Elke dag kan leer

Trivia about the song 7 Dae 7 nagte by Ray Dylan

When was the song “7 Dae 7 nagte” released by Ray Dylan?
The song 7 Dae 7 nagte was released in 2008, on the album “Breek Die Ys”.

Most popular songs of Ray Dylan

Other artists of Middle of the Road (MOR)