Cleopatra
Ek het baklei om hier te wees
Al was ek somtyds bang het ek my man gestaan
Partykeer het ek bloed gesweet
Maar nou is als in plek my lewe is perfek
Maar soos Adam en Eva, Simson, Delila
Kan versoeking 'n man laat lei
Met jou bloedrooi lippe, verbode vrugte
Gaan jy my nog onder kry
Niemand kan vir my verlei nie
Nie soos jy nie
My Cleopatra
Jy's in beheer
Oor 'n man wat begeer
Niemand kan vir my laat voel nie
Nie soos nou nie
My Cleopatra
Ek gee my oor
Wie gaan wen wie verloor?
Cleopatra jy
Gaan my nog onderkry
En soos 'n rots wat sal bly staan
En soos 'n skip se anker in die oseaan
Ek het alleen geluk gevind
Daar was nie kettings wat my hande vas kon bind
Maar soos Adam en Eva, Simson, Delila
Kan versoeking 'n man laat lei
Met jou bloedrooi lippe, verbode vrugte
Gaan jy my nog onder kry
Niemand kan vir my verlei nie
Nie soos jy nie
My Cleopatra
Jy's in beheer
Oor 'n man wat begeer
Niemand kan vir my laat voel nie
Nie soos nou nie
My Cleopatra
Ek gee my oor
Wie gaan wen wie verloor?
Cleopatra jy
Gaan my nog onderkry
Maar vir jou sal ek op my knieƫ val, ek sal smeek vir meer
My laaste hartklop is net joune
Maar vir jou sal ek op my hande dra as jy my net vra
Ek sal veg vir jou tot aan die einde
Niemand kan vir my verlei nie
Nie soos jy nie
My Cleopatra
Jy's in beheer
Oor 'n man wat begeer
Niemand kan vir my laat voel nie (Laat voel nie)
Nie soos nou nie (Nie soos nou nie)
My Cleopatra
Ek gee my oor
Wie gaan wen wie verloor?
Cleopatra jy
Cleopatra jy
Gaan my nog onderkry