Dan Voel Ek Hoe Loop Die Trane

Hoe vergeet 'n mens vir altyd
Die een wat alles vir jou was?
En hoe beweeg ek aan na more?
Want my gedagtes steek hier vas

Dan voel ek hoe loop die trane
Loop die trane stadig oor my wang
Ek kan dit nie help nie ek verlang

Dan voel ek hoe loop die trane
Loop die trane stadig oor my wang
Ek kan dit nie glo jy's nie meer hier nie
Nou kan ek maar net verlang

Ek weet die son sal more opkom
En more sal ek weer probeer
Om te maak of ek jou nie meer mis nie
Maar vir nou is dit nog te seer

Dan voel ek hoe loop die trane
Loop die trane stadig oor my wang
Ek kan dit nie help nie ek verlang

En dan voel ek hoe loop die trane
Loop die trane stadig oor my wang
Ek kan dit nie glo jy's nie meer hier nie
Nou kan ek maar net verlang (Nou kan ek maar net verlang)

Ek sit en blaai deur al die tye wat ons kon deel (Wat ons kon deel)
En probeer om jou glimlag te onthou (Ek sal dit net so onthou)
Ek sluit my oë en ek glo jy's vir ewig hier by my (By my)
Want in my hart is daar net jy

Dan voel ek hoe loop die trane
Loop die trane stadig oor my wang
Ek kan dit nie help nie ek verlang (Ek verlang)

Dan voel ek hoe loop die trane
Loop die trane stadig oor my wang
Ek kan dit nie help nie ek verlang

En dan voel ek hoe loop die trane
Loop die trane stadig oor my wang
Ek kan dit nie glo jy's nie meer hier nie
Nou kan ek maar net verlang

Most popular songs of Ray Dylan

Other artists of Middle of the Road (MOR)