Laaste Groet

Hoe verduidelik 'n mens die lewe?
En hoe hanteer 'n mens die smart?
Hoe vertel ek jou geliefdes
Jy moes ons tydelik verlaat?

Vandag maak niks meer vir ons sin nie
En hierdie nuus wou ons nie hoor
Maar ek weet jy's op jou vlugtog
Saam met engele bekoor

Die Vader bly tog jou Verlosser
Jy's inSsy arms toe gevou
Dis vir altyd en vir ewig
Hy sal jou veilig hou

Jy was net vir ons 'n vreugde
Jou glimlag sal ons so onthou
Maar daar waar jy van hier af heen gaan
Is die Huis vir my en jou

Die Vader bly tog jou Verlosser
Jy's in Sy arms toe gevou
Dis vir altyd en vir ewig
Hy sal jou veilig hou

Daar by jou skyn die son so helder
Die blomme altyd kleurvol mooi
Daar's geen pyn en daar's geen lyding
Jou lewe hier is nou voltooi

Die Vader bly tog jou Verlosser
Jy's in Sy arms toe gevou
En dis vir altyd en vir ewig
Hy sal jou veilig hou (Jy is Sy kind)
Jou veilig hou (Hy is reg langs jou)
Veilig hou

Most popular songs of Ray Dylan

Other artists of Middle of the Road (MOR)