Moet My nie Vergeet nie

In die middle van ons storie
Lê alles deurmekaar
In die skadu van ons liefde
Wens ek alles word weer waar

In die winters van my denke
Soek ek jou oral waar ek gaan
In my hart het ek vertroue
En ek glo jy is nog daar

Moet my nie vergeet nie
Want ek bly lief vir jou
Moet my nie net so los nie
Ek sal veg om jou te hou

Maak nie saak hoe lank dit vat nie
Net die mooi sal ek onthou
So moet my nie vergeet nie
Want ek wag
Nogsteeds net hier vir jou

Daar is ou Kersfeesbriewe
En jou foto in ‘n raam
Onthou jy al die Sondag movies
En toe die kar met ons gaan staan?

Sou jy dalk ook eendag terugkeer?
Wag ek hier onder sterre son en maan
Ja vir my is daar een liefde
En daai liefde het jou naam

Moet my nie vergeet nie
Want ek bly lief vir jou
Moet my nie net so los nie
Ek sal veg om jou te hou

Maak nie saak hoe lank dit vat nie
Net die mooi sal ek onthou
So moet my nie vergeet nie
Want ek wag
Nogsteeds net hier vir jou

So moet my nie vergeet nie
Onthou ek is baie lief vir jou

Trivia about the song Moet My nie Vergeet nie by Ray Dylan

When was the song “Moet My nie Vergeet nie” released by Ray Dylan?
The song Moet My nie Vergeet nie was released in 2011, on the album “Verskietende Sterre”.

Most popular songs of Ray Dylan

Other artists of Middle of the Road (MOR)