Saamsing Medley

Sy stap daar in die straat, sy's tien uit tien
Elke aand in my droom dra sy daai jean
Sy is die girl waarvoor ek lankal wag
Sy draai toe om, knip haar oog en maak my dag

Bietjie bietjie lam (Bietjie bietjie lam)
My knieë raak lam as jy jou boude swaai, en jou hare waai so deur die wind
Bietjie bietjie lam (Bietjie bietjie lam)
My knieë raak lam toe jy vir my kom sê as ek jou hart wil hê dan moet ek sing
Sing, sing, sing

Ou ryperd, ons ry die pad tesame
Ou ryperd, so deur die lewensbane
Wanneer jou rydag oor is, gaan jou ou lyf lekker rus
Jy, ou ryperd van my

Jaag maar aan ou maat, die maan skyn helder vanaand
Jaag maar aan ou maat, my nooientjie sy wag my vanaand
O hoor hoe tjank die jakkals op die rivier se brug en dra my op jou lekker ou rug
Jaag maar aan ou maat, my nooientjie sy wag daar vanaand

Jippie jippie jip
Jippie jippie jip ou perd
Daar is voer en rus en jy doen jou bes ou perd
Dra my oor die rivier se brug, dra my op jou lekker ou rug
Na my nooi Sannie die dogter van Tant Annie op die plaas

Elke nag vou die stilte
Se arms hier om my
Ek wag hier vir jou
Jou hart hier by my

Elke nag sonder liefde
Elke oggend se kou
Ek wag hier vir ‘n antwoord
Of ‘n boodskap van jou

Julia daar is geen ander een nie
Ek was nog nooit so alleen nie
Hoop jy wag ook vir my

Julia sonder jou gaan ek nêrens
Jy is altyd hier êrens
Kan ek jou kom kry?

Rondom Graskop, daar loop sy spoor tussen Sabie en Malieveld
By die Krokodilpoortberg trek hy oor en hy kom toe tot op Barberton

Die wiele rol
Sy ossewa byeboerwa
Die kakebeen byeboerwa
Kan die swaar vrag net net dra

Die byeboer, byeboer, byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla
Op sy ossewa, ossewa byeboerwa
Blom in die hare en bye wat pla

Almal, van ons weet hoe vry is die windjie
As hy waai wil hy waai as hy draai wil hy draai, die windjie
Oral om ons die gesuis van die windjie
En hy dra aan ons oor die gevoel om weer vry te wees

Ruiter van die windjie wil ek bly
Vryer as die voëltjies rondom my
Op verre lande vertel ek
Goue strande en die see, o, o, o, o

Ruiter van die windjie o, so vry
Stewig op jou ruggie wil ek ry
En oral waar jy mag swerwe
Voer jy my ook altyd mee
En oral waar jy mag swerwe
Voer jy my ook altyd mee

Most popular songs of Ray Dylan

Other artists of Middle of the Road (MOR)