Sneeuprinses

Jy’s ‘n sneeuprinses wat my dors kan les
As my liefde jou hart kan smelt
Maar hoe kan my woorde fonteine laat reën uit jou siel?
My sneeuprinses

Ek kan sien jy kan sien
Almal sien wat hier gebeur maar die sneeu in jou gedagtes
Maak jou blind

Ek wil jou ken ek wil jou wys
Maar om jou hart is blokke ys wat my woorde vries
Voor jy dit kan verstaan
Maar ek sal aanhou tot vlamme van liefde jou myne maak

Jy’s ‘n sneeuprinses wat my dors kan les
As my liefde jou hart kan smelt
Maar hoe kan my woorde fonteine laat reën uit jou siel?

In jou blou oë vries elke fantasie wat my deel van jou lewe maak
Die sneeu in jou stem my prinses is die rede
Dat ek elke dag van die jaar aanhou lewe vir jou

Ek kan hoor maar kan jy hoor?
Kan wareliefde ys deurboor
En die storie van my droom vir jou vertel?

Ek wil jou ken ek wil jou dra
Is dit dan nou teveel gevra
Om my net te sê of jy ooit langs my sal lê?
Maar ek sal aanhou tot vlamme van liefde jou myne maak

Jy’s ‘n sneeuprinses wat my dors kan les
As my liefde jou hart kan smelt
Maar hoe kan my woorde fonteine laat reën uit jou siel?

In jou blou oë vries elke fantasie wat my deel van jou lewe maak
Die sneeu in jou stem my prinses is die rede
Dat ek elke dag van die jaar aanhou lewe vir jou

As my liefde jou hart kan smelt
Maar hoe kan my woorde fonteine laat reën uit jou siel?

In jou blou oë vries elke fantasie wat my deel van jou lewe maak
Die sneeu in jou stem my prinses is die rede
Dat ek elke dag van die jaar aanhou lewe vir jou

Trivia about the song Sneeuprinses by Ray Dylan

When was the song “Sneeuprinses” released by Ray Dylan?
The song Sneeuprinses was released in 2011, on the album “Verskietende Sterre”.

Most popular songs of Ray Dylan

Other artists of Middle of the Road (MOR)