Die Mense Wat Ek Lief Het

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Dan laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie

En as daar 'n oorlog kom
Word die mense wat ek lief het
'n Ekstra liefdeslaag om my

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my menskombersie

Maar as iemand wat op my gegroei het
Weg moet gaan
Dan sit daar 'n seerplek
Dan sluip ek deur die wêreld
Die kwesbaarheid self
Ek met my seerplek wat net nie wil genees nie

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Dan laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my moskombersie

Maar as iemand wat op my gegroei het
Weg moet gaan
Dan sit daar 'n seerplek
Dan sluip ek deur die wêreld
Die kwesbaarheid self
Ek met my seerplek wat net nie wil genees nie

Die mense wat ek lief het
Kom groei op my soos mos
Dan laat ek hul na hartelus gedy

En loop ek deur die wêreld
Beskut teen die koue
Die snoesigheid self
Ek met my menskombersie

Trivia about the song Die Mense Wat Ek Lief Het by Sonja Herholdt

When was the song “Die Mense Wat Ek Lief Het” released by Sonja Herholdt?
The song Die Mense Wat Ek Lief Het was released in 1978, on the album “Waterblommetjies”.

Most popular songs of Sonja Herholdt

Other artists of Afrikaans