Ek Glo Die Son Sal Weer Skyn

Sal ek jou verloor
As 'n ander jou bekoor?
Sal jy my verlaat
Vir 'n ander lewensmaat?

Dit dwaal deur my gedagtes
Deur al die lange nagte
Omdat ek weet
Jy't te gou vergeet

Ek glo die son sal wel weer skyn
Ek hoor jou stem, dit streel die pyn
Is dit 'n droom, kan ek dit glo?
Jy is weer terug, ek sien jou oë

Ek glo die son sal wel weer skyn
Ek hoor jou stem, dit streel die pyn

Denke vloei soos strome
Saggies in my drome
Ek roep jou naam
Ag kom tog saam

Staan jy nou alleen?
In die koue winter reën
Waar jy ookal bly
Dis warm hier by my

Ek glo die son sal wel weer skyn
Ek hoor jou stem, dit streel die pyn
Is dit 'n droom, kan ek dit glo?
Jy is weer terug, ek sien jou oë

Ek glo die son sal wel weer skyn
Ek hoor jou stem, dit streel die pyn

Sal ek jou verloor
As 'n ander jou bekoor?
Sal jy my verlaat
Vir 'n ander liefdesmaat?

Dit dwaal deur my gedagtes
Deur al die lange nagte
Omdat ek weet
Jy't te gou vergeet

Ek glo die son sal wel weer skyn
Ek hoor jou stem, dit streel die pyn
Is dit 'n droom, kan ek dit glo?
Jy is weer terug, ek sien jou oë

Ek glo die son sal wel weer skyn
Ek hoor jou stem, dit streel die pyn
Is dit 'n droom, kan ek dit glo?
Jy is weer terug, ek sien jou oë

Ek glo die son sal wel weer skyn
Ek hoor jou stem, dit streel die pyn
Is dit 'n droom, kan ek dit glo?
Jy is weer terug, ek sien jou oë

Most popular songs of Sonja Herholdt

Other artists of Afrikaans