Lofsang

(Kom herwarts geliefde)

Met voete vlugtug oor Boland se berge
Oor koel valleie, varkoor versamel in die vlaktes
Uit die koue Bokkeveld
En die Witteberge naby Bethlehem

Trek op uit die Hantam gebergtes
En snel geluideloos deur die donker
Vir toef nie, vir klere nie
Ook nie vir brood of wyn nie

Net die hoewe van die aarde
Wat sterre vonke, silwer mane, wit salpeter teen sy vlanke

Want 'n Kind is gebore
'n Seun is gegee
'n Kind is gebore
'n Seun is gegee

In vreugde ontvang en gebore
In vreugde ontvang en gebore

'n Seun wat die aarde lams sal huppel
Oseaane sal opvang in Sy strand emmer
Sy speelgoed oor vaste lande stroei

Oor kape met windrigtings se helder top laat tol
En die son soos 'n koenie-koen
In sy agtersakke dra

Kom herwarts geliefdes vrolik see vier in
Kom herwarts geliefdes vrolik see vier in

Psalms sing, psalms sing
Met goud, wierook en mirre
Psalms sing, psalms sing
Met goud, wierook en mirre

En kniel op die berge waar daar son is
En kniel op die berge waar daar son is
Gevange en heerlik, en bloesheid en gekruisig
Teen die aand se ritme van die ewigheid

Trivia about the song Lofsang by Sonja Herholdt

When was the song “Lofsang” released by Sonja Herholdt?
The song Lofsang was released in 1999, on the album “Môre sal die son weer skyn”.

Most popular songs of Sonja Herholdt

Other artists of Afrikaans