Timmy Se Liedjie

My kind sit op my skoot
Die medisyne het hom vaak gemaak
Daar's goeters oor sy ore
Sy lyfie voel soos lood

Die vrou kyk op, haar oë is teer
My hart stop, ek tel hom op
Die trane loop, my hart skeur oop
Jesus, Here, my kind is doof

Hier lê my hartseer liedjie
Hier lê my stukkie seer
Maar ek moet sing van hierdie woord
Fyn oopgebreek, gekou

Ek loop die pad, die water pad
En net soos Petrus kan ek sink
Daar's mense in die boot bly sê
Klim terug, wees nugter en dink

Sê Jesus, dit is moontlik
Glo net soos 'n kind
Jy sal jou skat in My Woord in vind
Want dis My hand waaraan jy vat

Hier lê my hartseer liedjie
Hier lê my stukkie seer
Want ek moet sing van hierdie woord
Fyn oopgebreek, gekou

Dan's ek op die water, waar's die huppel in my stap?
O Heer, geduld moet my dit leer
Maar totdat jy my kind, die lied kan hoor
Kan ek geloof en hoop mos nooit keer

Die vrou kyk op, haar oë is teer
Jesus, Here, my kind is doof

Trivia about the song Timmy Se Liedjie by Sonja Herholdt

When was the song “Timmy Se Liedjie” released by Sonja Herholdt?
The song Timmy Se Liedjie was released in 1999, on the album “Môre sal die son weer skyn”.

Most popular songs of Sonja Herholdt

Other artists of Afrikaans