Daar Vir Jou

Waarheen gaan jy as jy so stil raak?
Het die geraas vandag jou net te moeg gemaak?
Jy's hier by my
Maar jy's te ver van my

Ek wil jou in jou stilte graag ontmoet
Maar dis afstand tussen ons wat my verhoed
Ek ken jou
Ek ken jou stilte goed

So sê wat jy wil sê wat op jou hart lê
Moenie wonder maak die boeke oop die waarheid loop
Sit die ligte aan help my verstaan wat jy in jou dra
Is jou las te swaar help my om daar te wees
Om jou te lees om daar vir jou te wees

Wie verstaan jou hart beter as jy?
Die dinge waarteen jy alleen baklei?
Deel met my
Deel jou hart met my

Jou gedagtes en jou eerlikheid kos niks
En dit kom nooit met leë hande terug
Ek voel vir jou
Ek voel als saam met jou

So sê wat jy wil sê wat op jou hart lê
Moenie wonder maak die boeke oop die waarheid loop
Sit die ligte aan help my verstaan wat jy in jou dra
Is jou las te swaar help my om daar te wees
Om jou te lees om daar vir jou te wees

Hoe lyk al jou hoop en drome?
Waar lei jou verdwaalde spore?
Kom ons bou al jou lig kastele saam, saam, saam, saam

Moenie bang moenie more vrees nie
Sê vir my ek wil nie uit mis nie
Ek is daar vir jou
Altyd daar vir jou

So sê wat jy wil sê wat op jou hart lê
Moenie wonder maak die boeke oop die waarheid loop
Sit die ligte aan help my verstaan wat jy in jou dra
Is jou las te swaar help my om daar te wees
Om jou te lees

So sê wat jy wil sê wat op jou hart lê
Moenie wonder maak die boeke oop die waarheid loop
Sit die ligte aan help my verstaan wat jy in jou dra
Is jou las te swaar help my om daar te wees
Om jou te lees om daar vir jou te wees

Trivia about the song Daar Vir Jou by Andriette

When was the song “Daar Vir Jou” released by Andriette?
The song Daar Vir Jou was released in 2020, on the album “Hartsland”.

Most popular songs of Andriette

Other artists of Middle of the Road (MOR)