Boemelaar

Ken jy die geheime
Die verlede
Die gedagtes van die straat?
Elke dag staan ons en wag aan die kant van die straat bedel ons tot laat

Asseblief meneer wil jy nie help nie
Ek soek wit brood maar ek kort twee rand

Maar ek bly lief vir julle
Al is ons miskien op straat
Ek doen my bes vir julle
Ek weet ons gaan dit maak
Bly altyd lief en nederig
Ons almal is gelyk
Al is jou skoene stukkend
Kyk altyd op en wees bly
Wees bly

Kom my kinders jul ma is dood
Sy't gebedel met haar lyf
Kom my kinders ons vat ons goed
Tel op jou boetie en gee my hoed
Dis 'n skande om so te staan

Maar ek bly lief vir julle
Al is ons miskien op straat
Ek doen my bes vir julle
Ek weet ons gaan dit maak
Bly altyd lief en nederig
Ons almal is gelyk
Al is jou skoene stukkend
Kyk altyd op en wees bly
Wees bly

Maar iewers langs die pad moet ons tog sit en wag
Ons vat die pad na die volgende stad
Miskien is daar 'n plek wat vir ons wag
Elke dag sien ons die mense
Almal met vervulde wense
My dogtertjie vra my, Pa is ons mense?

Maar ek bly lief vir julle
Al is ons miskien op straat
Ek doen my bes vir julle
Ek weet ons gaan dit maak
Bly altyd lief en nederig
Ons almal is gelyk
Al is jou skoene stukkend
Kyk altyd op en wees bly
Wees bly
Wees bly

Trivia about the song Boemelaar by Bobby Van Jaarsveld

On which albums was the song “Boemelaar” released by Bobby Van Jaarsveld?
Bobby Van Jaarsveld released the song on the albums “Die Eerste 10 Jaar” and “Ken Jy Talina” in 2005.

Most popular songs of Bobby Van Jaarsveld

Other artists of