Totaal Finaal
Dis alles verby
Wat gebeur nou met my
Miskien is hierdie bedoel
Onbekende gevoel
Maar dis ok iets nuuts vir my
Kan ek dit liefde noem
Maar hoe sal ek weet
Moet ek alles vergeet
So verlief op jou
Voel jy iets vir my
Is dit in my hart of raas my kop
Moet ek probeer of dit net stop
Jy trek my in en ek stry nie
Dis die begin
Maar nie net vir my nie
Sê my hoe jy voel
En wat ek moet doen
Ek het my hart op jou verloor
Jy roep my siel bietjie nader
Ek wil net skree bietjie harder
En as jy dit nie weet en voor ek vergeet
Ek het my hart totaal finaal op jou verloor
Hoe het alles begin, hoe dit gebeur?
Wat het jou hier gebring moes ek dit keer?
Ek wil jou verstaan, ek wil jou ken
Ek wil met als jou vir my wen
Jy trek my in en ek stry nie
Dis die begin
Maar nie net vir my nie
Sê my hoe jy voel
En wat ek moet doen
Ek het my hart op jou verloor
Jy roep my siel bietjie nader
Ek wil net skree bietjie harder
En as jy dit nie weet en voor ek vergeet
Ek het my hart totaal finaal op jou verloor
Jy's moeilikheid, jy's dryfsand
Jy's onvoorspelbaar, jy brand
Hier in my hart gee oor en ek sink
Jy trek my in en ek stry nie
Dis die begin
Maar nie net vir my nie
Sê my hoe jy voel
En wat ek moet doen
Ek het my hart op jou verloor
Jy roep my siel bietjie nader
Ek wil met skree bietjie harder
En as jy dit nie weet en voor ek vergeet
Ek het my hart totaal finaal op jou verloor
Ek het my hart totaal finaal op jou verloor