Yster in Die Vuur

Ek sien ek voel jou jy’s onder my vel
As jy geval het sal ek jou weer optel
Hartseer gedagtes maar ‘n hart van vuur
Wat veg vir elke sekonde vir elke uur

O ek sien
Hoe alles in mekaar val
O ek sien

My wêreld stort in een
Maar soos yster in die vuur
Sal ek weer gloei weer gloei
En aan die brand slaan

Ek sal nie stop sonder ‘n veg
Met elke wil is daar ‘n weg
Niks kan my keer
Ek gloei ek’s soos yster in die vuur

Ek’s soos yster in die vuur
Ek het myself gevind ek voel weer vry
Verlos van my vrese niks kan my onderkry
Met elke val weer terug
Opgestaan
Ek het al my les geleer tog soek ek net meer

O ek sien
Hoe alles in mekaar val
O ek sien (Ek sien)

My wêreld stort in een
Maar soos yster in die vuur
Sal ek weer gloei weer gloei en aan die brand slaan

Ek sal nie stop sonder ‘n veg
Met elke wil is daar ‘n weg
Niks kan my keer ek gloei ek’s soos yster in die vuur

My wêreld stort in een (Stort in een)
Maar soos yster in die vuur
Sal ek weer gloei weer gloei en aan die brand slaan

Ek sal nie stop sonder ‘n veg
Met elke wil is daar ‘n weg
Niks kan my keer ek gloei ek’s soos yster in die vuur

Most popular songs of CHARLIZE BERG

Other artists of Afrikaans