Bittersoet

Stop jy jouself, al weet jy dis nodig
Dis alles of niks en dis so oorbodig
Mmm jy weet waar jy is, maar voel so verlore
Om weer lief te hê, die woorde te sê

Dis 'n bittersoet melodie
Dis geluk maar tog 'n tragedie
As jy die val van 'n speld in die kamer kan hoor
En jy weet jy't jouself weer verloor

Dis 'n bittersoet simfonie
Dis wat jy voel en nie wat jy hoor nie
Met die koms van jou lag het die donker verdwyn
En daarom is jy bittersoet vir my

Jy wil alles gee maar tog sal jy huiwer
Ek weet jy soek meer want jou hart is soos myne
Oe en tog glo ons vas dat ons weer sal seerkry
So vra jouself af wat wil jy eindelik hê?

Dis 'n bittersoet melodie
Dis geluk maar tog 'n tragedie
As jy die val van 'n speld in die kamer kan hoor
En jy weet jy't jouself weer verloor

Dis 'n bittersoet simfonie
Dis wat jy voel en nie wat jy hoor nie
Met die koms van jou lag het die donker verdwyn
En daarom is jy bittersoet vir my

As jy my roep sal ek jou hoor
En jy sal my vind as ek myself, myself weer verloor

Dis 'n bittersoet melodie
Dis geluk maar tog 'n tragedie
As jy die val van 'n speld in die kamer kan hoor
En jy weet jy't jouself weer verloor

Dis 'n bittersoet simfonie
Dis wat jy voel en nie wat jy hoor nie
Met die koms van jou lag het die donker verdwyn
En daarom is jy bittersoet vir my

Most popular songs of Corlea

Other artists of Middle of the Road (MOR)