Breek My Hart

Breek my hart 'seblief
Sodat ek jou van vooraf weer kan kies
Want ek sal nie 'n ding verander nie
Jou wonde maak nie seer nie, maak my liewer

Maak jou voute weer
Sodat ek net van vooraf les kan leer
En weereens na jou kyk en als vergewe
Jou wonde maak nie seer nie, maak my liewer vir jou
Vir jou

Breek my hart 'seblief
En vra my dan net weer om lief te wees
Ek sal dit doen want ek het nie 'n keuse
Als van my hart, my siel, my wese

En gooi dit als weer weg
Ek sal gereed staan en vir ons bly veg
Al weet ek jy's verkeerd en ek is reg
Gooi dit als weer weg

Maak voute, ek belowe ek's die een, ek belowe ek's die een
Wat al jou seer kan weg vat, ja gaan heel maak

Breek my hart 'seblief
Sodat ek jou van vooraf weer kan kies
Want ek sal nie 'n ding verander nie
Jou wonde maak nie seer nie, maak my liewer

En maak jou voute weer
Sodat ek net van vooraf les kan leer
En weereens na jou kyk en als vergewe
Jou wonde maak nie seer nie, maak my liewer

Breek my hart 'seblief
En vra my dan net weer om lief te wees
Ek sal dit doen want ek het nie 'n keuse
Als van my hart, my siel, my wese

Gooi dit als weer weg
Al weet ek jy's verkeerd en ek is reg
Gooi dit als weer weg
Gooi dit als weer weg

Breek my hart 'seblief
Sodat ek jou van vooraf weer kan kies
Want ek sal nie 'n ding verander nie
Jou wonde maak nie seer nie, maak my liewer

Most popular songs of Corlea

Other artists of Middle of the Road (MOR)