Swaeltjies

CHRISTOPH (APPEL) KOTZE, DANNY SMOKE, JOHAN VORSTER

En êrens in die stilte hoor ek weer die ritme
En ‘n vreemde taal wat ek herken
Dit raak net al hoe harder
En dit trek my nader ek’s verlei

En tussen die gesigte en die neonligte
Sien ek iets wat ek nie kan beskryf
Jy maak iets in my wakker ons altwee weet dit is jou wildelyf

En as jy dans as jy dans
Sien ek die swaeltjies op jou rugstring
Dan verdwyn dit in jou jeans in
Hier’s moeilikheid

Jy laat my sweet en al’s vergeet
En jou oë kom trek my kaal uit
Ek weet ek moet jou eerder los voor ek jou lief kry
Ek weet ek moet jou eerder los voor ek jou lief kry

Jou lyf is soos ‘n veldbrand ek wil dit nie blus want
Hierdie tipe vuur kan jy nie tem
Tequila oor jou lippe my hande druk jou heupe teen my lyf

Jou asem in my nek af vingers oor my lyf draf
Jy kan skepe sink met net jou oë
Ek kan dans vir ure druk ons teen die mure styf teen my

En as jy dans as jy dans
Sien ek die swaeltjies op jou rugstring
Dan verdwyn dit in jou jeans in
Hier’s moeilikheid

Jy laat my sweet en al’s vergeet
En jou oë kom trek my kaal uit
Ek weet ek moet jou eerder los voor ek jou lief kry
Ek weet ek moet jou eerder los voor ek jou lief kry

Jy lei my na ‘n swegie waar niemand van ons weet nie
En jou oë wil speel en aanhou dans
Musiek raak al hoe sagter jou lyf raak al hoe harder werk vir my

My mond gemaak vir joune kom net op vir asem
Jy word in ‘n oomblik weggevoer
Daar is niks so sexy soos iemand wat nie weet nie en dis jy

En as jy dans as jy dans
Sien ek die swaeltjies op jou rugstring
Dan verdwyn dit in jou jeans in
Hier’s moeilikheid

Jy laat my sweet en al's vergeet
En jou oë kom trek my kaal uit
Ek weet ek moet jou eerder los voor ek jou lief kry
Ek weet ek moet jou eerder los voor ek jou lief kry

Most popular songs of Danny Smoke

Other artists of Middle of the Road (MOR)