Anton Pieter Gouws

Groot en sterk soos ‘n bees
Was Anton besig om sy rice crispies te eet
Toe 'n rooi kolletjie deur die venster kom en op sy voorkop gaan sit

Sy oogappel het gevra, Pappa
Wat is dit?
En Anton Pieter Gouws het geweet
Toe pop hulle hom

Anton was een van die Bolhuis bra’s gewees
Hy’t vir Mike persoonlik geken en hy was van die heel begin af daar, altyd
Behalwe op Sondae
Want op Sondae het hy nie gewerk nie

En elke booswig wat sy sout werd was
Het sy kinders bang gemaak met stories van Anton en gesê, pasop, hy kom jou haal as jy koekies steel of geld
Of as jy lelik is met jou klein boetie

Ooh, ooh, ooh

En nou sit sy vrou alleen by die huis in die dag en sy mis hom vreeslik
Want niemand is meer daar om die canfruit bottles oop te draai nie
Die kleinspan in die rondte te swaai nie, al vyf gelyk
Hy was ‘n merry-go-round

Sy broer weet nie meer wat om te maak nie, jy sien want hy't gesê
Bra, as jy moeilikheid het sal ek dit uitsort
Nou hoor hy die rooi kolletjie-ouens soek hom ook en hy eet nie meer rice crispies nie, want hy’s bang die lepel val en die melk spat

Ooh, ooh, ooh

En ek weet verseker Anton is reguit hemel toe
Pearly gates soos hy dit genoem het
En ek sal jou sê die duiwel is baie gelukkig, gelukkiger as wat hy dink
Want almal het geweet Anton Pieter Gouws vat kak van niemand nie

Ooh, ooh, ooh

Maar, jy sien
Ek is bang jy verstaan my verkeerd
Hy was nie ‘n bad ass of ‘n powertripper of enige van daai nie, nee glad nie
Hy was eintlik een van die heel laaste ware boerseuns
So reg uit die ou testament
Met ‘n bietjie Michael Jackson
Michael Jackson uit die ou testament

Ooh
Hy was net so bietjie
So bietjie
Ongelukkig

Trivia about the song Anton Pieter Gouws by Klopjag

When was the song “Anton Pieter Gouws” released by Klopjag?
The song Anton Pieter Gouws was released in 2004, on the album “15de Laan”.

Most popular songs of Klopjag

Other artists of