Dans
Ek wens vir jou
Liefde sonder blomme
Kennis sonder kettings
Ek wens vir jou
Skoenlappers en soene
'n Reis sonder skoene
En mag jy
Mag jy dans, dans, dans
Kaalvoet in die strate op Springsteen en Nirvana
Met blomme in jou hare, dans
Deur al die trane
Mag liefde jou insluk
Seer maak en heel maak, jou vlerke gee
En jou laat dans, dans, dans
Kaalvoet in die strate op Springsteen en Nirvana
Met blomme in jou hare, dans
Deur al die trane