Die Storie Van Piet Vermaak
Eendag lank gelede
In ‘n dorpie naby êrens
Het ‘n man gewoon met die naam van Piet Vermaak
Huila was sy vrou gewees en by die tee na kerk was hulle dikwels
Jy weet, nog gelukkig getroud, want jy sien
Piet het skelm by die hotel gesing
Bedags was hy die stadstesourier wat eerlik, nes die bybel sê, in die sweet van sy aangesig
Sy brood verdien het
Maar snags het Piet sy siel verkoop vir R10, ‘n bord kos, sy blou kitaar en die skool se mic, want
Soos almal het Piet ook sy prys
Kom kyk vanaand die show, al my songs is net vir jou
Ek weet ek’s net ‘n boepens met ‘n vals kitaar
Maar ek sou dit graag vir jou wou sing
Die mense het begin praat en die hotel was aand na aand stampvol
Met almal van die skoolkoerant tot die burgermeester, maar nie Huila nie
Die dominie het begin preek oor die Vermaak-generasie en die gevare
Wat dit vir die gemeente sou inhou, ja
Oor al die dinge het Huila net gebloos
Die Hoteleienaar geglimlag en ou Piet het net gesê, maar
Huila het nog nie kom kyk nie
Maar een aand uit die bloute terwyl Piet sy blou kitaar speel soos net hy kan
Sien hy haar en sy gesig straal
En uit die vuis met sy gunsteling akoorde
Sing hy vir haar
Huila, my lam
Met my blou kitaar was ek Shakespeare en partymaal selfs McCartney op ‘n goeie aand
Maar vanaand het ek jou gesien glimlag
Want jy het mos geweet
Ek sing vir jou
Kom kyk vanaand die show, al my songs is net vir jou
Ek weet ek’s net ‘n boepens met ‘n vals kitaar
Kom kyk vanaand die show, al my songs is net vir jou
Ek weet ek’s net ‘n boepens met ‘n vals kitaar
Maar ek sou dit graag vir jou wou sing