Die Tekens

Ek moes jou nog bel en sĂȘ ek is jammer
Toe stop ek by die robot en koop 20 hangers, ek het halfprys betaal, hoekom voel ek kaal?

En ek wou nog bespreek om daai sanger te gaan sien maar ek moes werk, en nou's hy dood
Ek sal maar sy dvd moet koop

Nog 'n storie van 'n ma, wat jou kan vertel hoe 'n kind net kan ophou, kan ophou om te bel
En sad songs is die beste, maar nie so nie

Wil jy, wou jy, kan jy, kon jy, mag jy, moes jy, sal jy, sou jy of nie?
Al die tekens is daar, die tekens is daar

Ek haal diep asem en ek sluk dit af, gooi my kaarte op die tafel en hardloop weg
Ek dink ek moes dit doen, ek dink ek moes jou soen

Goeters groei orals heen, met my vriend so gelyk het ek so gemaak
Hoe het dit, hoe het dit, hoe het dit so geraak?

Jy skrik wakker by die werk met 'n baas wat raas, gooi jou goedjies in 'n boks en maak jou das los
Is hierdie droom net 'n droom?

Wil jy, wou jy, kan jy, kon jy, mag jy, moes jy, sal jy, sou jy of nie?
Al die tekens is daar, die tekens is daar

Wil jy, wou jy, kan jy, kon jy, mag jy, moes jy, sal jy, sou jy of nie?
Al die tekens is daar, die tekens is daar

Most popular songs of Klopjag

Other artists of