Gebed Vir 'N Rebel

Mense in glashuise moenie klippe gooi
Slaap eerder in die wind en weer voor jy jou siel vir die wolwe voer
Hou op
Hande was, jy ruik al na seep, bevry jou geraamtes voor dit jou
Gewete verteer

Hou vas
Aan elke antwoord, wees katvoet vir vergelding
Doop jou vrees in akkoorde
En skool jouself in hoop en bou monumente
In die naam van liefde, van verset
Van sien en nie wegkyk nie, van daar wees en onthou

Alles is 'n kwessie van tyd en tyd sal leer
Dat geen wyser beweeg sonder 'n beller
Wat anders skree

Ek weet jy sien
Ek weet jy sien
Die keiser is kaal, ek weet jy sien

Ek weet jy sien
Vertel en skreeu dit uit
Ek weet jy sien, ek weet jy sien

En ek
Ek bid vir jou

Want alles is 'n kwessie van tyd en tyd sal leer
Dat geen wyser beweeg sonder 'n beller
Mag jy vir altyd skree
Mag jy vir altyd vra
En mag jy altyd weet wanneer
Om die aanval te stop

Mag jy vir altyd skree
Mag jy vir altyd vra
En mag jy altyd weet wanneer
Om die aanval te stop

Trivia about the song Gebed Vir 'N Rebel by Klopjag

When was the song “Gebed Vir 'N Rebel” released by Klopjag?
The song Gebed Vir 'N Rebel was released in 2008, on the album “Musiek Vir Die Agtergrond”.

Most popular songs of Klopjag

Other artists of