Karloos in Arcadia
As die honger aan my maag kou
Dan stap ek af in Schoeman en sny koek oor die museum se gras
Tot by die KwikSpar in Wesselstraat
'n Ou Bob Dylan song blêr in my kop terwyl my voetstappe
Die ritme hou
Boemelaars knik beleef vir my net om te se hey (Hey, hey)
Ons verstaan
Karloos
Karloos in Arcadia en die wêreld ry verby my
Sê my jy kom terug (Sê my jy)
Terug om te bly
Waar is jy nou?
Opgejack en gestrip vir parte iewers langs die pad, kon jy nie net 'n alarm insit nie, jou armgat
Soggens verkyk ek my aan karre soos ek wag om Pretorius te kruis
Tot waar die Colbynbus my oplaai in Kerkstraat
Op die sitplek voor my lees 'n tannie weer haar kleinkind se brief
Moë oë vonkel vir die kiekie
Links bo in die hoek
Karloos
Karloos in Arcadia en die wêreld ry verby my
Sê my jy kom terug (Sê my jy)
Terug om te bly
O want ek mis jou
My rooi masjien
Soos ek aan stap
Herhaal busroetes en 'n masnommer in my kop
Partykeer maak die wêreld nie vir my sin nie, maar
Maar dan steek ek maar nog 'n sigaret op
Ag want ek's karloos
Karloos in Arcadia
Sê my jy kom terug
Terug om te bly
O want ek is karloos
Karloos in Arcadia en die wêreld ry verby my
Sê my jy kom terug (Sê my jy)
Terug om te bly
O want ek mis jou
My rooi masjien