Musiek Vir Die Agtergrond
Ek wou jou vertel
Ek wou jou iets wys
Wou jou leer hoe om te leef
Want hoe sal jy weet
Dat jy bloei
As jy jouself nie eers kan sien nie
Wat sal ons doen
Met al hierdie mooi songs
Wat sal ons sê
Met al hierdie woorde
Drink want vanaand is ons konings, konings, konings
En musiek vir die agtergrond
En musiek om oor te lag
Maak swart
Voel die wind
Wees dankbaar en wees jammer
Maak my swak genoeg
Om te kan voel
Maak my sterk genoeg
Om te kan sê
Drink want vanaand is ons konings, konings, konings
En musiek vir die agtergrond
En musiek om oor te lag
Drink want vanaand is ons konings, konings, konings
En musiek vir die agtergrond
En musiek om oor te lag
Weet jy wat jy doen as jy my vra
As jy glo
As jy hoop
As jy glo
As jy glo