Stof
Ek verruil toe my das vir 'n verrypas en ek pak my tas
Daar was bloed op die snare, daar was sweet in jou hare, daar was stof
Daar was stof op my skoene
En die myle tussen jou en my
Die myle gly verby soos ons verder ry
Ek word weer vaak maar ek's besig om die kode van die langpad te kraak
En daar was stof op ons wiele
En die myle tussen jou en
Baby, as ek verby ry
Moet jy smile vir my as jy saam wil ry
Baby, soos daai keer in die Karoo waai die stof weer in my oë
En ek soek vir jou
En ek soek nog een klein botteltjie shampoo
En nog een roadhouse se koffie om te proe, met stof
Pasop vir as jy dalk hier in Klaarstroom stop
Want hier hou die paaie en die petrol op
En was jy ook al bang dat jou stof hier bly hang
Dat jou stof hier bly hang?
So baby, as ek verby ry
Moet jy skree vir my as jy saam wil ry
Baby, soos daai keer in die Karoo waai die stof weer in my oë
En ek soek vir jou
En ek soek vir my
En ek soek vir jou, en ek soek
Ek soek vir my
Terug op my stoep is dit die pad wat my weer roep
Life on the road
As ek my das weer vou word alles weer net stof
Dan word alles weer net stof
So baby, as ek verby ry
Wys jou been vir my as jy saam wil ry
Baby, soos daai keer in die Karoo waai die stof weer in my oë
Ek soek vir jou, vir my, vir jou
Baby, baby, baby
So baby as jy verby ry vat my saam
Vat my saam
Baby, baby, baby vat my