Toe Dit Ek en Jy Was

Kranse in die Boland
Die reuk van fynbos langs die see
En kampvure by Buffelsbaai
Weergalm jou naam

Verbasing in oë
Die fotos daarna
En name wat ek vergeet het
Trek lyne van jou gesig

Maar nou's ek gatvol
Ek voel naak en verdwaald
En ten spyte raak ek verslaaf aan kak praat en foto's neem
Saam met mense
Wat ek nooit weer
Gaan sien nie

Ek mis Pretoria
My bakkie met sy gear lock wat nooit wil oop en sy ligte altyd op bright
Ek en Jacques se smoke breaks by die vensters voor hof 6G
Onder plakkate wat beweer ons bevind onsself in 'n rookvrye gebied
Ingevolge artikel sus en so van wet huffels en suffels

Maar, toe dit ek en jy was
Wat hand aan hand
Wat hand aan hand
Deur die vlooimark stap

Trivia about the song Toe Dit Ek en Jy Was by Klopjag

On which albums was the song “Toe Dit Ek en Jy Was” released by Klopjag?
Klopjag released the song on the albums “13/02” in 2002 and “5” in 2007.

Most popular songs of Klopjag

Other artists of