Vergeet en Vergewe

Jy sê jy wil vergewe
Jy wil onthou hoe dit was
Jy wil toekoms ophou opweeg teen dit
Dit wat toekoms vir jou was

Jy sê jy wil vergeet
Jy wil nuut oorbegin
Jy wil die gisters van vandag vervang
Met die more's wat nog kom

Maar jy bly verlore (Verlore)
Probeer als vermy
En jy bly net stilstaan en veg (Stilstaan)
Teen die geraamtes in jou kas

Jy moet vergeet en vergewe
Vir jouself en die res
Jy kan die toekoms nie keer nie
Al probeer jy jou bes

Vergeet en vergewe, my vriend
Vir jouself en die res
Want die toekoms kruip al nader, en jou hou dit verder
Jou toekoms raak al verder, en jy raak weg
Passop dat more jou nie vergeet nie

Jy sê jy wil probeer
Jy's so lankal alleen
Jy wil liefde weer toelaat
Maar dis jou wil wat jou bly keer

Jy sê jy mis die smaak
Weg van bitter en haat
Jy soek die soet smaak van vergifnis
Al was jy hoe kwaad

Al was jy hoe kwaad (Kwaad)
Al was jy hoe kwaad (Kwaad)

Jy moet vergeet en vergewe
Vir jouself en die res
Jy kan die toekoms nie keer nie
Al probeer jy jou bes

Vergeet en vergewe, my vriend (Vergewe)
Vir jouself en die res (Res)
Want die toekoms kruip al nader, en jou hou dit verder
Jou toekoms raak al verder, en jy raak weg

Voortdurend bly jy veg oor gisters
Maar so bly jy vashou, en so bly jy wegstoot, en so bly jy agter

Jy sê jy wil vergewe
En jy wil onthou hoe dit was
Jy sê jy wil vergeet
Jy wil nuut oorbegin

Vergeet en vergewe
Vir jouself en die res
Jy kan die toekoms nie keer
Al probeer jy jou bes

Vergeet en vergewe, my vriend (Vergewe)
Vir jouself en die res (Res)
Want die toekoms kruip al nader, en jou hou dit verder
Jou toekoms raak al verder, en jy raak weg

Passop
Passop
Dat more jou nie vergeet nie
Vir jouself en die res
Vergeet en vergewe
Vir jouself en die res
Vir jouself en die res

Trivia about the song Vergeet en Vergewe by Klopjag

When was the song “Vergeet en Vergewe” released by Klopjag?
The song Vergeet en Vergewe was released in 2008, on the album “Musiek Vir Die Agtergrond”.

Most popular songs of Klopjag

Other artists of