Bitterbessie Dagbreek

ANNELI VAN ROOYEN, INGRID JONKER

Bitterbessie dagbreek, bitterbessie son
‘n Spieël het gebreek tussen my en hom
Soek ek na die grootpad om daarlangs te draf
Oral draai die paadjies van sy woorde af

Dennebos herinnering, dennebos vergeet
Het ek ook verdwaal, trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo kierang, kierang my
Totdat ek bedroë weer die koggel kry

Eggo is geen antwoord
Antwoord hy alom
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie son

Bitterbessie dagbreek, bitterbessie son
‘n Spieël het gebreek tussen my en hom
Soek ek na die grootpad om daarlangs te draf
Oral draai die paadjies van sy woorde af

Dennebos herinnering, dennebos vergeet
Het ek ook verdwaal, trap ek in my leed
Papegaai-bont eggo kierang, kierang my
Totdat ek bedroë weer die koggel kry

En eggo is geen antwoord (Eggo is geen antwoord)
Antwoord hy alom (Antwoord hy alom)
Bitterbessie dagbreek
Bitterbessie son

Trivia about the song Bitterbessie Dagbreek by Laurika Rauch

When was the song “Bitterbessie Dagbreek” released by Laurika Rauch?
The song Bitterbessie Dagbreek was released in 1999, on the album “Die Mense Op Die Bus”.
Who composed the song “Bitterbessie Dagbreek” by Laurika Rauch?
The song “Bitterbessie Dagbreek” by Laurika Rauch was composed by ANNELI VAN ROOYEN, INGRID JONKER.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music