Kaalvoet Begin Dans

(Sing saggies vanaand)
(Sing saggies vir my)

'n Sewe dae maak ‘n volle week en vier daarvan ‘n maand
Ek klou nog so styf vas aan jou woorde van gist’raand
Jou voete op ‘n soektog vir jou siel om rus te vind
Jy’t die lyf van ‘n groot man, maar in jou hart is jy ‘n kind

En ek wil kaalvoet begin dans in die reën van ‘n someraand
Terwyl jy saggies vir my sing, saggies vir my sing tot ‘n nuwe dag begin
Maar ek weet jou voete sal nooit rus

(Sing saggies vanaand)
(Sing saggies vir my)

Jy los my met beloftes, in my Novilon-kombuis
Met foto’s en gedagtes in my hart se liefdeskluis
En briewe in die posbus wat dae lank vir my wag
En Sondae sal ek hul gaan haal en opbly deur die nag

En ek wil kaalvoet begin dans in die reën van ‘n someraand
Terwyl jy saggies vir my sing, saggies vir my sing tot ‘n nuwe dag begin
Maar ek weet jou voete sal nooit rus

Om tot siens te sê is moeilik
Maar soms maak dit jou vry
En dis nie altyd maklik nie om met jou hart se weet te bly
Ek hoor nog jou kitaar in die hoek van die Penny Bar
En die cover van ‘n Tom Waits tune, One From The heart

Terwyl jy saggies vir my sing, saggies vir my sing tot ‘n nuwe dag begin
Maar ek weet jou voete sal nooit rus

Trivia about the song Kaalvoet Begin Dans by Laurika Rauch

When was the song “Kaalvoet Begin Dans” released by Laurika Rauch?
The song Kaalvoet Begin Dans was released in 2014, on the album “Wals, Wals Willemien”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music