Liefde Uit Stellenbosch

Die aand in Dorpstraat het jy vir my gesê
Daar is soveel meer wat jy die lewe wil hê
En die aand by Koeëlbaai het jy vir my vertel
Jou lewe hier is soms, soms erger as die hel

Die aand in Knysna het jy vir my gesê
Ons tye saam
Is al wat ons nou het
En die aand in Kaapstad het jy vir my gevra, hoe ver, hoe ver, kan die see liefde dra

So steek vir my ‘n kers op in Washington
En neem foto’s van Londen
Stuur ‘n duif uit Italië
En dalk ‘n poskaart uit België

Die aand in Kaapstad het ek toe weer gedink
Hoe gou het ons liefde in die diep see verdrink
En die aand in Dorpstraat het ek vir myself gesê
Daar is soveel meer wat ek nog van jou wou hê

So steek vir my ‘n kers op in Washington
En neem foto’s van Londen
Stuur ‘n duif uit Italië
Dalk ‘n poskaart uit België

Want ek steek vir jou ‘n kers op
In Oudtshoorn
En ek neem foto’s van
Potchefstroom
Ek stuur vir jou ‘n duif uit die Knysnabos
En al my liefde
Hier uit Stellenbosch

Trivia about the song Liefde Uit Stellenbosch by Laurika Rauch

When was the song “Liefde Uit Stellenbosch” released by Laurika Rauch?
The song Liefde Uit Stellenbosch was released in 2014, on the album “Wals, Wals Willemien”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music