Ek En My Klavier

Met jou sikspens in my hande sal ek ‘n wêreld koop
Met jou sole aan my voete sal ek deur ‘n vuur kan loop
In die toksak oor my skouer is my hart se punt verpak
Want jy’s die blou, blou baskitaar wat ek oor my skouer haak

Want jy is my hawe, jy’s my preekstoel jy’s my huis
Jy is ‘n woord uit my gebed
Jy is my trane, jy’s my noodkreet, jy’s my kruis want die tyd saam met jou is te duur
Dis net ek en my klavier

Jy is stilte in my ore waar ek gedagtes hang
Jy is een woord wat ‘n heelal in ‘n visnet kan vasvang
Jy is binne in my binneste geëts uit kaal ivoor
Jy’s vir my ‘n fotoboek waarin ek myself kan stoor

Jy is my hawe, jy’s my preekstoel jy’s my huis
Jy is ‘n woord uit my gebed
Jy is my trane, jy’s my noodkreet, jy’s my kruis maar die tyd tussen ons is te duur
Dis net ek en my klavier

Jy is my hawe, jy’s my preekstoel jy’s my huis
Jy is ‘n woord uit my gebed
Jy is my trane, jy’s my noodkreet, jy’s my kruis maar die tyd tussen ons is te duur
Dis net ek en my klavier

Trivia about the song Ek En My Klavier by Laurika Rauch

When was the song “Ek En My Klavier” released by Laurika Rauch?
The song Ek En My Klavier was released in 2014, on the album “Wals, Wals Willemien”.

Most popular songs of Laurika Rauch

Other artists of Schlager music