Ek Kom Huis Toe

Vir jare is ek ver van jou
Ek wonder of is jy getrou?
‘n Brief en ‘n poskaart gereeld gestuur
Wil jou laat weet wil jou eendag weer sien

Tien jaar het gekom en gegaan
Jou foto wat langs my bed staan
Geweet geen ander sou jou plek kon neem
Niemand beter om my hart te deel

Ek kom huis toe
Oor ‘n week of twee daar is soveel wat ek met jou wil deel
Ek kom met die trein is halfvyf daar
As jy daar is weet ek jy het gewag

Ek kom huis toe
Jy mag nie vergeet in ‘n laaste brief het ek laat weet
Sterkfonteinstasie het ek jou sien staan
Toe’t ek geweet ah ons is vir altyd saam

Ek het jou gekry en jy vir my
Die hartseer is vir altyd verby
Jou naam in die wilgers is tam uitgekerf
Al die wag was toe die moeitewerd

Saam het ons ‘n huisie gebou
Maar eers sal ons in die klipkerk trou
Op die plaas in die Karoo is waar ons lewe begin
Eendag sal ons kind sy deel hier vind

Ek kom huis toe
Oor ‘n week of twee daar is soveel wat ek met jou wil deel
Ek kom met die trein is halfvyf daar
As jy daar is weet ek jy het gewag

Ek kom huis toe
Jy mag nie vergeet in ‘n laaste brief het ek laat weet
Sterkfonteinstasie het ek jou sien staan
Toe’t ek geweet ah ons is vir altyd saam

Ek kom huis toe
Oor ‘n week of twee daar is soveel wat ek met jou wil deel
Ek kom met die trein is halfvyf daar
As jy daar is weet ek jy het gewag

Ek kom huis toe
Jy mag nie vergeet in ‘n laaste brief het ek laat weet
Sterkfonteinstasie het ek jou sien staan
Toe’t ek geweet ah ons is vir altyd saam

Trivia about the song Ek Kom Huis Toe by Lianie May

When was the song “Ek Kom Huis Toe” released by Lianie May?
The song Ek Kom Huis Toe was released in 2007, on the album “Vergeet My Nie”.

Most popular songs of Lianie May

Other artists of Country pop