Wat Kyk Jy?

Dit was nie ‘n fancy kar nie
Dit was ‘n Mazda 323
Jy’t jou uittrek gepomp met jou wiele op die grond
Het nie ‘n banghaar op jou kop nie

Ons was kinders van die neonligte
Die geraas het vir ons uitgelok
Met jou bandana op jou kop en my hare lekker op
‘n Heuningpot vir jou genot

Ons was so uitgevat maar so min gepla
Ons was verlief en verlore en so voor op die wa
Wat kyk jy
Ah sê my wat kyk jy?

En die spoeg het gespat in karaokebars
En op Mixed Emotions het ons saamgedans
Wat kyk jy
Ah sê my wat kyk jy
Wat ky jy?

Ons het nie teveel gevra nie
Want ons het mekaar gehad
Ons drome was so groot by ons huisie in die noord
Skielik gaan die tyd verby

Op Sondag aande was dit home videos
Die kinders lag vir hoe ons lyk
Met jou bandana op jou kop en my hare lekker op
Kan jy glo ons was ook jonk?

Ons was so uitgevat maar so min gepla
Ons was verlief en verlore en so voor op die wa
Wat kyk jy
Ah sê my wat kyk jy?

En die spoeg het gespat in karaokebars
En op Mixed Emotions het ons saamgedans
Wat kyk jy
Ah sê my wat kyk jy
Wat ky jy?

Dit was nie ‘n fancy kar nie
Dit was ‘n Mazda 323
Jy’t jou uittrek gepomp met jou wiele op die grond
Het nie ‘n banghaar op jou kop nie

Ons was so uitgevat maar so min gepla
Ons was verlief en verlore en so voor op die wa
Wat kyk jy
Ah sê my wat kyk jy?

En die spoeg het gespat in karaokebars
En op Mixed Emotions het ons saamgedans
Wat kyk jy
Ah sê my wat kyk jy
Wat kyk jy?

Ah sê my wat kyk jy?
Wat kyk jy?

Most popular songs of Lianie May

Other artists of Country pop