In Suid-Afrika Kraai Paartie Koning of Hoe
Van die Vaalrivier se oewer tot by Dwarskersbos se wye see, van Messina bo tot onder in P.E.
Kan jy groepies mense ooral sien wat 'n rus kans na die week verdien, bymekaar, die naweek word gevier
Elke kuier plek is amper soos jou huis
Waar daar vriende is voel ons mos altyd tuis
In Suid-Afrika kraai paartie, die koning of hoe?
Ons is lief vir musiek en Afrikaans bly maar bo
Ons sing yo-de-lo-o-die, kyk daai oompie op die vloer
Ons sing yo-de-lo-o-die, dis vir sy dogter wat ek loer
Met die yo-de-lo-o-die is die tjoppies al gaar
Met die yo-de-lo-o yo-de-lo-o-die, sien jou Vrydag weer daar
By Vaal Driehoek is Country groot, op die Weskus eet ons snoek en brood, op die radio speel Klipwerf In The Mood
Karoo blues voel ons hart se pyn maar die paartie laat daai pyn verdwyn, Afrikaners is mos lief vir samesyn
Elke kuier plek is amper soos jou huis
Waar daar vriende is voel ons mos altyd tuis
In Suid-Afrika kraai paartie, die koning of hoe?
Ons is lief vir musiek en Afrikaans bly maar bo
Ons sing yo-de-lo-o-die, kyk daai oompie op die vloer
Ons sing yo-de-lo-o-die, dis vir sy dogter wat ek loer
In Suid-Afrika kraai paartie, die koning of hoe?
Ons is lief vir musiek en Afrikaans bly maar bo
Ons sing yo-de-lo-o-die, kyk daai oompie op die vloer
Ons sing yo-de-lo-o-die, dis vir sy dogter wat ek loer
Met die yo-de-lo-o-die
Met die yo-de-lo-o yo-de-lo-o-die