Oktober

Die koue aande
Voel soos my hart in Junie maande
As winter's winde na my vraende
By my wil weet waar jy nou is

Die winter's nagte
Bring jou weer terug na my gedagte
Onvergete onverwagte
Augustus aande sonder jou

Maar in Oktober
Voel ek weer nader aan die somer
Dit maak van my maar weer ‘n dromer
Wat dromend loop en vir jou wag

Die lente dae
Bring elke dag vir my meer vrae
Van lank vergete somer aande
Waar jy nou was hier in my hart

Op my kalender
Is dit reeds laat al in Desember
Die kleure om my raak bekender
As groen die blare begin raak

Maar groen verander
Dan weer in Junie maande
Dit word weer kouer in die aande
En vul die plekke waar jy was

Maar in Oktober
Voel ek weer nader aan die somer
Dit maak van my maar weer ‘n dromer
Wat dromend loop en vir jou wag

Die lente dae
Bring elke dag vir my meer vrae
Van lank vergete somer aande
Waar jy nou was hier in my hart

Most popular songs of Pieter Smith

Other artists of Middle of the Road (MOR)