Potchefstroom
Hierso lê my spore
Hierso lê my hart
Hier lê my gedagtes
In ‘n mielieland
Waar die son se winterstrale oor die bloekombome skyn
En die uitgestrekte lande in die horison verdwyn
Mag die Mooirivier my terugbring as die wêreld buite roep
Mag ‘n wilgerboom se skadu in die stad my weer kom soek
En dan as my gedagtes in Potchefstroom verdwaal
Sal ek dalk eendag weer kan terugkeer, eendag weer hier kan staan
Hier is ek gebore
Hier is ek gedoop
Geleer hier om te twyfel
Geleer hier om te hoop
Geberg in eikebome
Lê alles wat jy weet
Geleer om te vergewe
Geleer om te vergees
Mag die Mooirivier my terugbring as die wêreld buite roep
Mag ‘n wilgerboom se skadu in die stad my weer kom soek
En dan as my gedagtes in Potchefstroom verdwaal
Sal ek dalk eendag weer kan terugkeer, eendag weer hier kan staan
Mag die Mooirivier my terugbring as die wêreld buite roep
Oe mag ‘n wilgerboom se skadu in die stad my weer kom soek
En dan as my gedagtes in Potchefstroom verdwaal
Sal ek dalk eendag weer kan terugkeer, eendag weer kan terugkeer, eendag weer hier kan staan