Herder Van My Hart

Skepper wat my hart besit U weet ek is U kind
U ken my siel se duister wee U hoor my as ek bid
En is dit donker om my soek ek my lewenspad
Vertrou ek U Herder van my hart

Jesus wat my kruis kom dra, hoe groot is U O Heer
U liefde dra my dag na dag vergeef my keer op keer
En is ek 'n verdwaalde wat in sonde sirkels dwaal
Vind U my weer, Herder van my hart

U's die wapen van my lewe wat geen prys of rede vra
Ek kan rus hier in U arms dis U liefde wat my dra
En as die koue winde teen my siel se vestings waai
Vertrou ek U, Jesus van my hart

Gewer van my lewenskrag ek leef vir U alleen
Want skenk U my nie dag na dag die rykdom van U Seun
En as ek in die donker op my Heer se roepstem wag
Dan vrees ek nie, Jesus wat my hart

U's die wapen van my lewe wat geen prys of rede vra
Ek kan rus hier in U arms dis U liefde wat my dra
En as die koue winde teen my siel se vestings waai
Vertrou ek U, Jesus van my hart

Ek vertrou op U, Jesus van my hart

Trivia about the song Herder Van My Hart by Rina Hugo

When was the song “Herder Van My Hart” released by Rina Hugo?
The song Herder Van My Hart was released in 2009, on the album “Jerusalem”.

Most popular songs of Rina Hugo

Other artists of Middle of the Road (MOR)