Toe Jy Hier Was

STEVE HOFMEYR

Toe jy hier was, hier en nêrens anders
Toe dit duur was om ons te verander
Los jy blomme, woorde in die bome
Los jy vir my

Toe jy hier was diep hier in my arms
Was ons ryk en was die wêreld arm
Los jy sonne om die nag te vang
Los jy vir my

Jakarandas klou vas aan my jas
Soos jy, toe jy hier was
Jakarandas klou vas aan my jas
Soos jy (Soos jy)
Toe jy (Toe jy)
Toe jy hier was

Toe jy hier was draai ons in die rondte
Sê ons niks nie, dans dit in ons monde
Woorde wat ons by mekaar sal hou
Los jy vir my

Toe jy hier was, meng die wolke met ons
Toe jy hier was, leef die engele om ons
Val daar vere elke keer toe jy
Toe jy hier was

Jakarandas klou vas aan my jas
Soos jy, toe jy hier was
Jakarandas klou vas aan my jas
Soos jy (Soos jy)
Toe jy (Toe jy)
Toe jy hier was

Toe jy hier was, hier en nêrens anders
Toe dit duur was om ons te verander

Toe jy hier was diep hier in my arms
Was ons ryk en was die wêreld arm

Trivia about the song Toe Jy Hier Was by Steve Hofmeyr

On which albums was the song “Toe Jy Hier Was” released by Steve Hofmeyr?
Steve Hofmeyr released the song on the albums “Grootste Platinum Treffers” in 2006 and “Icon” in 2014.
Who composed the song “Toe Jy Hier Was” by Steve Hofmeyr?
The song “Toe Jy Hier Was” by Steve Hofmeyr was composed by STEVE HOFMEYR.

Most popular songs of Steve Hofmeyr

Other artists of Middle of the Road (MOR)