Mag Hy

As die stiltes in die huis kon praat
Sou ek my hart oopmaak
En vertel hoe baie ek verlang
Om saam met jou te lag
Ons het saam gedroom oor môre
Ons sou ons storie skryf
Ons sou nog

Maar die Here kom
Hy pluk Sy mooiste blomme eerste

Mag Hy
Kaalvoet op die voorstoep met jou dans
Mag Hy
Mag Hy
Saam met jou die see in hardloop

Mag Hy
Namakwaland se blomme plant
In jou tuin
En mag jou naam ge-ink wees
Op elke bladsy van Sy dagboek
Soos ek wou

Die plan was om van nou af
Die wêreld uit te skuif
Om plek te maak en net jou naam
In my dagboek in te skryf
Ons wou die wêreld gaan verken
Ons sou mekaar weer vind
Ons sou nog

Maar die Here kom
Hy pluk Sy mooiste blomme eerste

Mag Hy
Kaalvoet op die voorstoep met jou dans
Mag Hy
Mag Hy
Saam met jou die see in hardloop

Mag Hy
Namakwaland se blomme plant
In jou tuin
En mag jou naam ge-ink wees
Op elke bladsy van Sy dagboek
Soos ek wou

Trivia about the song Mag Hy by Andriette

When was the song “Mag Hy” released by Andriette?
The song Mag Hy was released in 2015, on the album “Pêrel vir 'n Kroon”.

Most popular songs of Andriette

Other artists of Middle of the Road (MOR)